Joshua 9:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het hulle geroep en met hulle gespreek en gesê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons is baie ver van julle af; wanneer julle onder ons woon? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het die Gibeoniete bymekaar geroep en vir hulle gevra: “Hoekom het julle ons so mislei? Julle het gesê dat julle baie ver van ons af bly, en hier woon julle al die tyd naby ons. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe laat Josua hulle roep en spreek met hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van julle af -- terwyl julle tussen ons in woon? |
| Afrikaans 1983 | het Josua die Gibeoniete geroep en vir hulle gesê: “Hoekom het julle ons bedrieg? Julle het gesê julle woon baie ver van ons af en al die tyd woon julle tussen ons. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het hulle ontbied en met hulle gepraat. Hy het gesê: “Waarom het julle ons mislei deur te sê, ‘Ons woon baie ver van julle af,’ terwyl julle tussen ons woon? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het die Gibeon-mense geroep en hy het vir hulle gesê: “Julle woon hier naby ons. Hoekom het julle ons bedrieg? Hoekom het julle vir ons gesê julle woon baie ver van ons? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe laat roep Josua die mense van Gibeon en vra hulle: “Hoekom het julle ons bedrieg deur te sê julle bly ver van ons af terwyl julle geweet het dit is nie waar nie? |