Joshua 9:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit sal ons aan hulle doen; ons sal hulle ook laat lewe, dat daar nie toorn oor ons kom vanweë die eed wat ons hulle gesweer het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons moet by die verdrag hou. Ons moet hulle laat bly leef sodat God nie op ons wraak neem as ons die eed verbreek wat ons teenoor hulle afgelê het nie.
Afrikaans 1933/1953 Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe, sodat daar nie toorn oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.
Afrikaans 1983 Ons moet ons woord hou en hulle lewens spaar sodat die eed wat ons teenoor hulle afgelê het, nie die straf van God op ons bring nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is wat ons aan hulle sal doen: Ons sal hulle laat leef, sodat 'n oordeel uit toorn ons nie tref oor die eed wat ons vir hulle gesweer het nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons moet doen wat ons belowe het, ons moet hulle laat lewe. As ons dit nie doen nie, dan sal die Here kwaad word vir ons, want ons het belowe en ons het gesê Hy is die getuie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons moet hulle laat lewe, anders sal ons gestraf word omdat ons nie ons belofte gehou het nie.