Joshua 9:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar al die vorste het aan die hele vergadering gesê: Ons het vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; daarom mag ons hulle nou nie aanraak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers het egter vir die volk gesê: “Ons het dan ’n eed voor die Here die God van Israel vir hulle afgelê. Ons kan hulle mos nie nou aanval nie.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.
Afrikaans 1983 Die leiers het vir die volk gesê: “Ons het 'n eed teenoor hulle afgelê voor die Here die God van Israel. Ons kan hulle nie nou aanval nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê al die leiers vir die hele volksvergadering: “Ons het self vir hulle 'n eed afgelê voor die Here, die God van Israel. Daarom kan ons nie aan hulle raak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar al die leiers het vir hulle gesê: “Ons het self vir hulle belowe dat ons hulle nie sal doodmaak nie en ons het gesê die Here, die God van Israel, is die getuie. Daarom kan ons hulle nie nou aanval nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die leiers van Israel het gesê: “Ons het ’n eed voor die Here die God van Israel teenoor die Gibeoniete afgelê. Ons mag nou niks aan hulle doen nie.