Joshua 9:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel. En die hele vergadering het teen die vorste gemurmureer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete het hulle nie aangeval nie. Die leiers van die volk het immers ’n eed voor die Here die God van Israel afgelê! Die hele volk het egter gekla oor wat die leiers gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het hulle nie aangeval nie omdat die leiers van die volksvergadering 'n eed teenoor die Gibeoniete afgelê het voor die Here die God van Israel, maar die hele volk het teen die leiers gemor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Israeliete het hulle nie aangeval nie, omdat die leiers van die volksvergadering vir hulle voor die Here, die God van Israel, 'n eed afgelê het. Die hele volksvergadering het teenoor die leiers gemor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die Israeliete het nie die Gibeon-mense doodgemaak nie, want die leiers van die volksvergadering het belowe dat hulle dit nie sal doen nie, en hulle het gesê die Here, die God van Israel, is die getuie. Die hele volksvergadering het hulle leiers beskuldig, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israeliete het hulle egter nie aangeval nie, omdat hulle leiers ’n eed in die Naam van die Here die God van Israel teenoor die Gibeoniete afgelê het. Hieroor was die volk ontsteld en het by die leiers gekla. |