Joshua 9:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het vrede met hulle gesluit en met hulle 'n verbond gesluit om hulle te laat lewe; en die owerstes van die vergadering het vir hulle gesweer.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het hulle gasvry behandel. Hy het met hulle ’n verdrag gesluit dat hulle lewens gespaar sal bly. Die leiers van die volk het die verdrag met ’n eed bevestig.
Afrikaans 1933/1953 En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle 'n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die vergadering het hulle dit met 'n eed beloof.
Afrikaans 1983 Josua het die Gibeoniete goed behandel en met hulle 'n verdrag gesluit dat hulle lewens gespaar sal word. Die leiers van die volksvergadering het dit met 'n eed bevestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het toe vir hulle vrede aangebied, en met hulle 'n verdrag gesluit om hulle te laat leef. Die leiers van die volksvergadering het dit vir hulle met 'n eed bevestig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het vrede gemaak met die Gibeon-mense. Hy het 'n ooreenkoms gemaak met hulle en gesê dat hy hulle nie sal doodmaak nie. Die leiers van die volksvergadering het dit belowe en hulle het gesê die Here is die getuie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het ’n vredesverdrag met hulle gesluit. Die leiers van die volk het dit amptelik onderskryf.