Joshua 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hierdie sakke wyn wat ons volgemaak het, was nuut; en kyk, hulle het geskeur, en hierdie ons klere en ons skoene het oud geword vanweë die baie lang reis.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons wynsakke was nog nuut toe ons hulle vol gemaak het, nou is hulle geskeur. Ons klere en ons skoene is verrinneweer van die lang pad.”
Afrikaans 1933/1953 En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het -- kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene -- hulle is verslyt deur die baie lang reis.
Afrikaans 1983 En kyk ons wynsakke wat nuut was toe ons hulle vol gemaak het, nou is hulle vol barste. Kyk hoe verslete is ons klere en ons skoene van die lang pad.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hier is die leersakke met wyn wat ons volgemaak het toe dit nog nuut was. En kyk, dit het gebars! Hier is ons klere en ons sandale; dit is verslete van die baie lang reis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie wynsakke was nuut toe ons hulle volgemaak het, en kyk, hulle het gebars. En hier is ons klere en ons sandale, hulle het oud geword op die lang pad waar ons geloop het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk na ons wynsakke. Hulle was nuut toe ons hulle volgemaak het en nou is hulle vol barste. En sien julle hoe gehawend is ons klere en ons skoene? Dit is omdat ons so ver moes kom.”