Joshua 9:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie brood van ons het ons uit ons huise warm geneem as voedsel op die dag toe ons uitgegaan het om na julle te gaan; maar nou, kyk, dit is droog en dit is mummel;
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie brood wat ons vir padkos gevat het, was nog warm toe ons by die huis weg is. U kan sien dit is nou uitgedroog en verkrummel.
Afrikaans 1933/1953 Ons brood hier -- warm het ons dit as padkos uit ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan -- kyk maar, nou het dit droog en verkrummeld geword.
Afrikaans 1983 Kyk ons brood, dit was nog warm toe ons dit uit ons huise gebring het om vir padkos saam te vat die dag toe ons na u toe vertrek het, en nou is dit droog en verkrummel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hierdie brood van ons – warm het ons dit uit ons huise geneem as padkos die dag toe ons uitgegaan het om na julle te kom. En nou, kyk, dit is droog en het krummels geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk ons brood, dit was warm toe ons dit uit ons huise saamgeneem het en na julle toe gekom het, en kyk, nou is dit droë krummels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk na ons padkos. Toe ons van ons huise af weg is na julle toe, was ons brood nog warm, so vars was dit. Maar kyk nou, nou is dit kliphard en verdroog!