Joshua 9:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur toe al die konings wat aan die anderkant van die Jordaan was, op die heuwels en in die valleie en in al die kuste van die Groot See teenoor die Líbanon, die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en Jebusiete het daarvan gehoor;
Afrikaans (NLV) 2011 Al die konings wes van die Jordaan het hiervan gehoor. Dit was die konings van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Hulle het in die heuwelgebied, in die laagland en aan die kus van die Middellandse See tot so ver noord as die Libanonberge gebly.
Afrikaans 1933/1953 En toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die L¡banon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,
Afrikaans 1983 Al die konings wes van die Jordaan, dié in die Bergland, in die Laeveld, aan die hele kus van die Groot See en tot regoor die Libanon, die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, het van Josua gehoor
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe al die konings wat anderkant die Jordaan was, dit hoor – in die bergland, die Sjefela, en langs die hele kus van die Groot See tot teen die Libanon; dit is die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die konings wes van die Jordaan-rivier het gehoor wat gebeur het. Die konings het gewoon in die berge en in die Laeveld en langs die Groot See tot teen die Libanon-berg. Hulle was die konings van die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [1-2] Toe die konings wes van die Jordaan - dié in die berggebiede en die laeveld en al langs die kus van die Middellandse See af tot so ver noord as by die Libanonberg - van Josua se oorwinnings hoor, het hulle hulle magte saamgesnoer om teen Josua en die Israeliete te veg. Hierdie konings was die leiers van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.