Joshua 8:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Josua het hulle dan uitgestuur, en hulle het in 'n hinderlaag gegaan en tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van Ai, gebly; maar Josua het daardie nag onder die volk vernag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het hulle weggestuur. Hulle het die hinderlaag gaan opstel en hulle ingegrawe tussen Bet-El en die westekant van Ai. Josua self het daardie nag in die kamp geslaap. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Josua hulle dan uitgestuur, en hulle het getrek na die hinderlaag en gebly tussen Bet-el en Ai, aan die westekant van Ai; maar Josua het die nag onder die manskappe deurgebring. |
| Afrikaans 1983 | Josua het hulle toe laat gaan en hulle het hulle gaan versteek. Hulle het tussen Bet-El en Ai gelê, wes van Ai. Josua het dié nag tussen die manskappe geslaap. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het hulle weggestuur en hulle het na die plek vir die hinderlaag gegaan. Hulle het stelling ingeneem tussen Bet-El en Ai, aan die westekant van Ai. Josua het daardie nag tussen die manskappe deurgebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het die manne gestuur, en hulle het gaan wegkruip wes van Ai, tussen die stad Bet-El en Ai. Josua het daardie nag tussen die ander manne geslaap. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is toe na hulle wegkruipplek toe, wes van Ai, tussen Ai en Bet-El. Daar het hulle gaan wag. Josua het die nag in die kamp deurgebring. |