Joshua 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (want hulle sal agter ons uittrek) totdat ons hulle uit die stad getrek het; want hulle sal sê: Hulle vlug voor ons uit soos in die begin; daarom sal ons voor hulle uit vlug.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal uit die stad uit kom om ons agterna te sit. Hulle sal dink ons vlug weer vir hulle soos die vorige keer. Ons sal voor hulle uit padgee.
Afrikaans 1933/1953 en hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad afgesny het -- want hulle sal dink: Hulle vlug voor ons uit soos die vorige keer -- en ons sal voor hulle uit vlug.
Afrikaans 1983 Hulle sal agter ons aan kom en so sal ons hulle van die stad af weglok. Hulle sal dink ons vlug vir hulle soos die vorige keer. Ons sal vir hulle vlug,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle van die stad af weggelok het, want hulle sal dink, hulle vlug voor ons uit, soos die vorige keer. Terwyl ons dan voor hulle uit vlug,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal aanhou om na ons toe te kom totdat hulle ver van die stad is, want hulle sal dink ons vlug weg van hulle, soos voorheen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Natuurlik sal hulle ons agternasit en dan sal ons hulle weglok totdat hulle van die stad afgesny is. Hulle sal dink ons vlug vir hulle, net soos die vorige keer.