Joshua 8:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek en al die mense wat by my is, sal na die stad nader, en as hulle teen ons uittrek, soos die eerste keer, sal ons voor hulle uit vlug,
Afrikaans (NLV) 2011 Ek en almal saam met my sal die stad van voor af nader. Wanneer hulle soos die vorige keer uittrek om teen ons te veg, sal ons op die vlug slaan.
Afrikaans 1933/1953 en ek met al die manskappe wat by my is, ons sal na die stad toe aankom; as hulle dan 'n uitval maak om ons te ontmoet, soos die vorige keer, sal ons voor hulle uit vlug;
Afrikaans 1983 Ek en al die manskappe by my sal na die stad toe aankom, en as hulle ons tegemoet kom, soos die vorige keer, sal ons vir hulle vlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek en al die manskappe wat by my is, sal die stad nader, en wanneer hulle uitkom om soos die vorige keer teen ons te staan te kom, sal ons voor hulle uit vlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek en die manne by my sal nader kom na die stad, en wanneer hulle soos voorheen weer kom om ons aan te val, dan sal ons wegvlug van hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek en die ander soldate wat by my is, sal ’n skynaanval op die stad loods. Wanneer Ai se soldate op ons afkom, sal ons omdraai en net soos die vorige keer vir hulle vlug.