Joshua 8:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het hulle bevel gegee en gesê: Kyk, julle lê en loer teen die stad, ja, agter die stad; gaan nie baie ver van die stad af nie, maar wees almal gereed.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het hulle beveel: “Gaan kruip aan die agterkant van die stad weg. Moenie te ver van die stad af gaan nie. Hou julle gereed.
Afrikaans 1933/1953 en aan hulle bevel gegee en gesê: Kyk, julle moet teen die stad 'n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed;
Afrikaans 1983 en hulle beveel: “Julle moet julle agter die stad versteek, nie te ver van die stad af nie, en julle moet gereed wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hulle beveel: “Kyk, julle moet vir die stad 'n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad. Julle moet dit nie te ver van die stad af doen nie, en julle moet almal slaggereed wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en vir hulle gesê: “Julle moet agter die stad gaan wegkruip, maar julle moenie ver van die stad wees nie en julle moet almal gereed wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) met die volgende opdrag: “Gaan kruip aan die agterkant van die stad weg, nie te ver van die stad af nie, en wees reg om aan te val.