Joshua 8:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het nie, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel nie, met die vroue en die kindertjies en die vreemdelinge wat onder hulle vertroud was.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het voor almal van Israel wat daar bymekaar was, vroue en kinders en vreemdelinge wat saam met hulle gebly het, alles gelees wat Moses beveel het. Hy het niks uitgelaat nie.
Afrikaans 1933/1953 Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel, met die vroue en die kinders en die vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.
Afrikaans 1983 Daar was nie een woord van alles wat Moses beveel het wat Josua nie voor die hele gemeente van Israel voorgelees het nie. Die vrouens en die kinders en die vreemdelinge wat tussen die Israeliete gebly het, was by.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is nie 'n enkele woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele geloofsgemeenskap van Israel en voor die vroue, die kinders en vreemdelinge wat met hulle saamgegaan het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het álles wat Moses gesê het, vir die hele volksvergadering gelees, hy het nie een woord gelos nie. Hy het dit ook gelees vir die vroue en die kinders en die vreemdelinge wat tussen hulle gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het elke opdrag van Moses aan die hele vergadering Israeliete voorgelees. Die vroue en kinders en die vreemdelinge wat saam met hulle weggetrek het, was ook by.