Joshua 8:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele Israel en hulle oudstes en die amptenare en hulle regters het aan die een kant van die ark en aan die ander kant gestaan voor die priesters, die Leviete wat die verbondsark van die HERE gedra het, sowel as die vreemdeling as hy wat is onder hulle gebore; die helfte van hulle teenoor die gebergte Gerisim en die helfte van hulle teenoor die berg Ebal; soos Moses, die kneg van die HERE, tevore beveel het, dat hulle die volk Israel moes seën.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die Israeliete, sy leiers, sy beamptes en sy regters, is in twee groepe aan weerskante van die ark verdeel. Daar was vreemdelinge sowel as burgers. Een deel het aan die voet van die Gerisimberg gestaan en die ander deel onder die Ebalberg. Hulle het na mekaar gekyk met die Levitiese priesters wat die ark dra tussen hulle. Dit was soos Moses, die dienaar van die Here, vroeër beveel het, toe hy bepaal het dat die volk Israel die seën moet ontvang.
Afrikaans 1933/1953 terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan -- teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE -- die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Ger¡sim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën.
Afrikaans 1983 Die hele Israel, sy leiers, sy beamptes en sy regters het daar weerskante van die ark gestaan voor die Levitiese priesters wat die verbondsark van die Here dra. Vreemdelinge sowel as burgers was daar. Een helfte het regoor Gerisimberg gestaan en die ander helfte regoor Ebalberg, soos Moses, die dienaar van die Here, vroeër beveel het toe hy bepaal het dat die volk Israel die seën moet ontvang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele Israel, landsburgers asook •vreemdelinge en hulle oudstes, die opsieners en hulle regters, het aan weerskante van die ark gestaan, reg teenoor die priesters, die Leviete, wat die verbondsark van die Here dra. Die een helfte van Israel was aan die kant van die berg Gerisim, en die ander helfte aan die kant van die berg Ebal, soos Moses, die dienskneg van die Here, vroeër beveel het dat die volk Israel geseën moet word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die Israeliete was daar, saam met hulle leiers, hulle voormanne en hulle regters. Hulle het langs die twee kante van die kis gestaan, voor die Levi-priesters wat die kis van die Here moes dra. Daar was vreemdelinge saam met die Israeliete. Die een helfte van die mense het voor Gerisim-berg gestaan en die ander helfte van die mense het voor Ebal-berg gestaan. Moses, die dienaar van die Here, het voorheen gesê hulle moet dit doen sodat hulle die volk Israel kan seën.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele Israel, sowel as die vreemdelinge wat saam met hulle weggetrek het, hulle leiers, hulle beamptes en hulle regters het aan weerskante van die verbondsark gestaan, met die Levitiese priesters wat die ark gedra het, tussen hulle en die ark. Die een groep het met hulle rug na die berg Gerisim toe gestaan en die ander groep met hulle rug na die berg Ebal toe. Hulle het dit in opdrag van Moses, die Here se dienaar, gedoen sodat hulle die seën van die Here kon ontvang.