Joshua 8:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het daar op die klippe 'n afskrif van die wet van Moses geskrywe wat hy voor die kinders van Israel geskryf het.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl die Israeliete staan en kyk, het Josua ’n afskrif van die wet van Moses op die altaar se klippe uitgraveer.
Afrikaans 1933/1953 En daar het hy 'n afskrif van die wet van Moses op die klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die oë van die kinders van Israel,
Afrikaans 1983 Josua het daar op die klippe 'n afskrif aangebring van die wet van Moses. Hy het dit voor die oë van die Israeliete neergeskrywe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het daar 'n afskrif van die Wet van Moses op klippe gemaak, wat hy voor die oë van die Israeliete opgeskryf het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het die Wette van Moses oorgeskryf op die klippe. Die Israeliete het gesien dat hy dit skryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het toegekyk terwyl Josua ’n afskrif van die wet van Moses op ’n stel klippe neergeskryf het.