Joshua 8:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos Moses, die kneg van die HERE, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, 'n altaar van heel klippe waaroor niemand enige yster opgelig het nie; en hulle het daarop brandoffers gebring aan die HERE, en dankoffers gebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het dit gebou soos Moses, die dienaar van die Here, dit vir die Israeliete voorgeskryf het. So staan dit geskryf in die wetboek van Moses: “Maak vir my ’n altaar met klip wat nie met ’n ysterinstrument bewerk is nie.” Hulle het op die altaar brandoffers vir die Here gebring en ook maaltydoffers geoffer.
Afrikaans 1933/1953 soos Moses, die kneg van die HERE, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moses: 'n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie; en drop het hulle aan die HERE brandoffers gebring en dankoffers geslag.
Afrikaans 1983 soos Moses, die dienaar van die Here, die Israeliete beveel het en soos dit geskryf staan in die wetboek van Moses: “'n altaar van ongekapte klip waarop daar nie 'n ysterwerktuig gebruik is nie.” Hulle het brandoffers vir die Here op die altaar gebring en ook maaltydoffers geoffer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) soos wat Moses, die dienskneg van die Here, die Israeliete opdrag gegee het, soos dit geskryf staan in die •boekrol met die Wet van Moses, “'n altaar van onbewerkte klippe, waaroor geen yster beweeg is nie”. Hulle het toe •brandoffers daarop vir die Here gebring, en ook •maaltydoffers geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was 'n altaar van heel klippe, dit was nie klippe wat mense gekap het nie. Moses het vir die Israeliete gesê dat hulle dit so moet bou, en dit is geskryf in die Wetboek van Moses. Die Israeliete het vir die Here brand-offers op die altaar ge-offer en hulle het ete-offers ge-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die instruksies gevolg wat Moses vir die Israeliete gegee het. Dit het bepaal dat dit ’n altaar van klippe moes wees wat nie gekap of met enige instrument gevorm is nie. Op hierdie altaar het hulle vir die Here brandoffers en vredesoffers gebring.