Joshua 8:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Josua en al die krygsmanne klaargemaak om teen Ai op te trek; en Josua het dertigduisend dapper helde uitgekies en hulle in die nag weggestuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua en al sy manskappe het toe teen Ai opgetrek. Josua het 30 000 dapper manskappe uitgekies en hulle gedurende die nag uitgestuur.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Josua hom gereedgemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai, en Josua het dertig duisend man, dapper helde, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur
Afrikaans 1983 Josua en al die manskappe het toe klaargemaak om teen Ai op te trek. Josua het dertig duisend dapper manne gekies en hulle in die nag gestuur
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua en al die weerbare manskappe het toe gereedgemaak om teen Ai op te trek. Josua het dertig afdelings manne, dapper krygers, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua en al die manne wat kon oorlog maak, het dadelik na Ai gegaan. Josua het 30 000 manne gekies wat goed oorlog kon maak en hy het hulle in die nag gestuur
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het hom toe gereedgemaak om Ai aan te val. Hy het 30 000 van sy beste soldate uitgekies en hulle in die nag na die stad toe gestuur