Joshua 8:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning van Ai het hy aan 'n boom opgehang tot die aand toe; en sodra son onder was, het Josua bevel gegee dat hulle sy lyk van die boom moes afhaal en dit by die ingang van die stadspoort gooi en oprig daarop 'n groot hoop klippe wat tot vandag toe oorgebly het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het die koning van Ai aan ’n boom opgehang. Hy het hom daar laat hang tot die son ondergegaan het. Josua het toe opdrag gegee om sy liggaam van die boom af te haal. Hulle het dit in die ingang van die stad gaan gooi en dit met ’n groot hoop klippe toegepak. Dit is vandag nog daar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning van Ai het hy aan 'n paal opgehang tot die aand toe; maar teen sonsondergang het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die stadspoort gegooi en 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar is. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die koning van Ai aan 'n boom opgehang en hom daar laat bly tot die aand toe. Toe die son ondergaan, het Josua opdrag gegee, en hulle het die lyk van die boom afgehaal, dit in die stadspoort gegooi en 'n groot hoop klippe daarop gepak, wat vandag nog daar is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning van Ai het hy aan 'n paal opgehang tot die aand. Teen sononder het Josua bevel gegee, en hulle het sy lyk van die paal afgehaal, dit by die ingang van die stad gegooi en 'n groot hoop klippe op hom gepak, wat vandag nog daar is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die koning van Ai opgehang aan 'n boom. Toe die son daardie aand ondergaan, het Josua gesê hulle moet die lyk afhaal van die boom. Hulle het dit gedoen en hulle het die lyk in die poort van die stad gegooi. Hulle het dit met 'n groot hoop klippe toegegooi. Die klippe is nou nog daar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die koning van Ai het hy aan ’n boom opgehang en hom daar laat hang tot die aand toe. Met sonsondergang het hy sy soldate opdrag gegee om die liggaam te verwyder. Hulle het dit afgehaal en voor Ai se hekke neergegooi. Toe het hulle dit met klippe toegepak om almal te herinner aan wat daar gebeur het. Dis vandag nog daar. |