Joshua 8:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het Ai verbrand en dit 'n hoop vir ewig gemaak, 'n wildernis tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het Ai afgebrand en daarvan ’n verlate ruïneheuwel gemaak. Dit is vandag nog so.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Josua Ai verbrand en daarvan 'n puinhoop gemaak vir ewig, 'n wildernis tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Josua het Ai afgebrand en daarvan vir altyd 'n verlate ruïne gemaak. Dit is nou nog so.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het Ai afgebrand en dit vir altyd 'n puinheuwel gemaak, 'n woesteny; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het die stad Ai laat verbrand. Dit is tot vandag net 'n hoop klippe, en daar woon niemand nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het Ai afgebrand en dit vir altyd as ’n verlate ruïne agtergelaat.