Joshua 8:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net die vee en die buit van daardie stad het Israel vir hulleself as buit geneem, volgens die woord van die HERE wat Hy Josua beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Net die vee en die oorlogsbuit van die stad het oorgebly. Israel het dit vir hulleself gevat, soos die Here vir Josua gesê het.
Afrikaans 1933/1953 Net die vee en die buit van daardie stad het die Israeliete vir hulle buitgemaak, volgens die woord van die HERE wat Hy Josua beveel het.
Afrikaans 1983 Israel het net die vee en die buit in die stad vir hulleself gevat, soos die Here vir Josua beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net die vee en die buit van daardie stad het Israel vir hulleself gevat, volgens die woord van die Here wat Hy Josua beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het net die diere en die goed van die stad vir hulleself gevat. Die Here het vir Josua gesê hulle mag dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al wat die Israeliete vir hulleself gehou het, was die diere en die oorlogsbuit, soos die Here vir Josua beveel het.