Joshua 8:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En so het dit gebeur dat almal wat daardie dag geval het, mans sowel as vroue, twaalfduisend was, al die manne van Ai.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense van Ai wat daardie dag dood is, sowel mans as vroue, was 12 000.
Afrikaans 1933/1953 Al die gesneuweldes op die dag, manne sowel as vroue, was twaalf duisend -- al die mense van Ai.
Afrikaans 1983 Almal wat daardie dag gesneuwel het, mans en vrouens, was twaalf duisend, al die mense van Ai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Almal wat daardie dag gesneuwel het, mans en vroue, al die mense van Ai, was twaalfduisend.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Ai wat daardie dag gesterf het, mans en vroue, was almal saam 12 000.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [25-26] Josua het nie sy swaard wat hy in die rigting van Ai uitgesteek het, laat sak voordat al die inwoners daarvan vernietig is nie. Die hele bevolking van Ai, altesaam 12 000 mense, is op daardie dag uitgeroei.