Joshua 8:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Israel klaar was met die doodmaak van al die inwoners van Ai in die veld, in die woestyn waarin hulle hulle agtervolg het, en toe hulle almal op die skerpte van die swaard geval het, totdat hulle verteer was, al die Israeliete het na Ai teruggekeer en dit met die skerpte van die swaard verslaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die Israeliete al die inwoners van Ai wat hulle op die oop stuk veld en die woestyn agternagesit het, doodgemaak het, is hulle terug na Ai toe en het al die mense in die stad doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En nadat Israel al die inwoners van Ai in die veld, in die woestyn waar hulle hul agtervolg het, geheel en al van kant gemaak het, en hulle almal tot die laaste een toe deur die skerpte van die swaard geval het, het die hele Israel teruggekom na Ai en dit met die skerpte van die swaard verslaan.
Afrikaans 1983 Israel het al die inwoners van Ai doodgemaak wat vir Josua-hulle in die veld en die woestyn agternagesit het. Die agtervolgers het almal gesneuwel, tot die laaste man toe. Daarna is die hele Israel terug na Ai toe en het hulle al die mense in die stad doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Israel al die inwoners van Ai in die veld, in die woestyn, waar hulle hulle agtervolg het, klaar om die lewe gebring het, en almal van hulle, tot die laaste man toe, deur die skerpte van die swaard geval het, het die hele Israel teruggekeer na Ai en die stad met die skerpte van die swaard verslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het almal doodgemaak wat in die stad gewoon het, ook almal wat hulle buite die stad en in die woestyn gekry het, daar het nie een van hulle aangehou lewe nie. Daarna het al die Israeliete teruggekom na die stad Ai en hulle het die stad aangeval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het elke soldaat wat hulle na die woestyn toe agtervolg het net daar doodgemaak. Daarna is hulle terug Ai toe om seker te maak dat almal daar ook dood is.