Joshua 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die ander een het uit die stad teen hulle uitgetrek; en hulle was in die midde van Israel, sommige aan die een en ander aan die ander kant; en hulle het hulle verslaan, sodat hulle nie een van hulle laat oorbly of ontsnap het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die manskappe van Israel het uit die stad gekom en hulle van agter aangeval. Die mense van Ai het nou Israeliete voor en agter hulle gehad. Die Israeliete het hulle neergevel tot daar nie een oor was wat kon oorleef of vrykom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop trek die uit die stad hulle tegemoet, sodat hulle tussen Israel in geraak het, 'n deel duskant en 'n deel anderkant; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle oor was wat vrygeraak of ontvlug het nie. |
| Afrikaans 1983 | Dié mense het die stad verlaat om die Israeliete tegemoet te gaan, maar daar was nou Israeliete weerskante van hulle, en dié het hulle neergevel tot daar nie een oor was wat ontkom en vrygeraak het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe trek die ander uit die stad die manne van Ai tegemoet, en so was hulle in die middel van die Israeliete, die een groep aan hierdie kant en die ander aan daardie kant. Israel het hulle verslaan, totdat daar van hulle niemand oor was wat ontvlug of ontkom het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete wat in die stad was, het ook uitgekom om die manne van Ai aan te val. Daar was nou Israeliete voor die manne van Ai en ook agter hulle. Die Israeliete het al die manne van Ai doodgemaak, daar het nie een aangehou lewe nie en nie een kon vlug nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die oorblywende soldate wat in Ai was, het immers vroeër al uitgekom om die Israeliete te agtervolg. Nou is al die soldate van Ai egter deur die Israeliete omsingel. Hulle is almal doodgemaak. Niemand het ontsnap nie, |