Joshua 8:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Josua en die hele Israel sien dat die hinderlaag die stad ingeneem het en dat die rook van die stad opstyg, het hulle weer omgedraai en die manne van Ai gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua en al die Israeliete het gesien dat die hinderlaag gewerk het. Toe die rook uit die stad begin opstyg, het hulle omgedraai en die mans van Ai aangeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Josua en die hele Israel sien dat die hinderlaag die stad inneem en dat die rook van die stad opstyg, het hulle omgedraai en die manne van Ai aangeval. |
| Afrikaans 1983 | Josua en die hele Israel het gesien die versteekte manskappe vat die stad, en toe die rook van die stad uitslaan, draai hulle om en val die manne van Ai aan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Josua en die hele Israel sien dat die manskappe uit die hinderlaag die stad ingeneem het en dat die rook uit die stad opstyg, het hulle omgedraai en die manne van Ai aangeval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua en al die Israeliete het gesien dat die manne wat weggekruip het, die stad oorwin en gevat het, en dat daar rook uit die stad trek. Hulle het omgedraai en hulle het die manne van Ai aangeval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Josua en sy soldate sien dat die hinderlaag geslaag het en dat die stad aan die brand was, het hulle omgedraai en die soldate van Ai begin aanval. |