Joshua 8:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien hulle, en kyk, die rook van die stad het na die hemel opgestyg, en hulle het geen mag gehad om hierdie kant toe of daarheen te vlug nie; en die volk wat na die woestyn gevlug het, het omgedraai op die agtervolgers.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die mans van Ai omkyk, sien hulle hoe die rook uit die stad in die lug optrek. Hulle kon absoluut nêrens heen vlug nie. Die mense wat in die rigting van die woestyn gevlug het, het nou teen hulle agtervolgers omgedraai.
Afrikaans 1933/1953 Toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien hulle hoe die rook van die stad na die hemel optrek; maar hulle het geen kans gehad om hierheen of daarheen te vlug nie, want die manskappe wat op die vlug was na die woestyn, het omgedraai teen die vervolgers.
Afrikaans 1983 Toe die manne van Ai terugkyk, sien hulle die rook van die stad in die lug opstyg. Hulle kon nêrens heen vlug nie, nie hiernatoe of soontoe nie, want Josua se manne wat woestyn se kant toe gevlug het, het omgedraai na hulle agtervolgers toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die manne van Ai omdraai, sien hulle – daar styg die rook van die stad op na die hemel! Hulle kon nie na een van die twee kante vlug nie, nie na hierdie of daardie kant nie, want die manskappe wat na die woestyn op vlug was, het omgedraai na die agtervolgers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die manne van Ai omkyk, sien hulle die rook uit die stad gaan op in die lug. Hulle wou vlug, maar hulle kon nie, want die Israeliete wat na die woestyn gevlug het, het omgedraai en hulle het die manne aangeval wat hulle gevolg en gejaag het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die soldate van Ai terugkyk, het hulle die rook van die stad wat aan die brand was in die lug sien opstyg. Hulle het egter nie ’n kans gehad om êrens heen te ontsnap nie, want die Israeliete wat woestyn toe gehardloop het, het ook nou omgedraai en hulle begin aanval.