Joshua 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet met Ai en haar koning doen soos jy met Jérigo en sy koning gedoen het: net sy buit en sy vee moet julle vir julleself buit; lê vir julle 'n hinderlaag vir die stad daaragter.
Afrikaans (NLV) 2011 Maak met Ai en sy koning net soos jy met Jerigo en sy koning gemaak het. Hierdie keer mag julle egter die buit en die vee vir julleself vat. Stel ’n hinderlaag aan die agterkant van die stad op.”
Afrikaans 1933/1953 En jy moet met Ai en sy koning doen soos jy met J,rigo en sy koning gedoen het; net sy buit en sy vee mag julle vir julself buitmaak. Stel vir jou 'n hinderlaag op teen die stad, aan die agterkant.
Afrikaans 1983 Jy moet met Ai en sy koning doen soos jy met Jerigo en sy koning gedoen het. Net die buit en die vee kan julle vir julle vat. Laat van die manskappe hulle agter die stad versteek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet met Ai en sy koning maak soos jy met Jerigo en sy koning gemaak het. Net die buit en die vee mag julle vir julleself hou. Stel 'n hinderlaag op vir die stad aan die agterkant.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet met Ai en sy koning dieselfde doen wat jy met Jerigo en sy koning gedoen het, maar julle mag die goed in die stad en die diere vir julleself hou. Jy moet manne laat wegkruip sodat hulle die stad van agter kan aanval.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet Ai en sy koning verwoes net soos Jerigo. Maar hierdie keer mag julle die oorlogsbuit en die vee vir julleself hou. Beplan ’n verrassingsaanval van die agterkant van die stad af.”