Joshua 8:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hinderlaag het vinnig uit hulle plek opgestaan, en hulle het gehardloop sodra hy sy hand uitgesteek het; en hulle het in die stad ingegaan en dit ingeneem en gehaas en die stad aan die brand gesteek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hy sy hand uitsteek, was dit die teken. Die manskappe wat weggekruip het, het vinnig uit hulle skuilplekke opgespring en die stad bestorm. Hulle het die stad ingestorm en dit verower. Hulle het dit dadelik aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hinderlaag het gou van sy plek af opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad ingekom en dit ingeneem en die stad gou aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 1983 | en toe staan die versteekte manskappe op uit hulle skuilplekke en storm, net toe hy sy hand uitsteek. Hulle is die stad in en het dit ingeneem en dit dadelik aan die brand gesteek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy sy hand uitsteek, het die manne in die hinderlaag dadelik opgespring uit hulle plekke, gehardloop en in die stad ingegaan. Hulle het dit ingeneem en die stad vinnig aan die brand gesteek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hy dit doen, het die manne wat weggekruip het, vinnig opgestaan en hulle het in die stad ingegaan. Hulle het die stad oorwin en dit gevat. Hulle het die stad dadelik aan die brand gesteek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die manskappe wat weggekruip het, dit sien, het hulle vinnig opgespring, die stad ingeneem en dit dadelik aan die brand gesteek. |