Joshua 8:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Josua: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai uit; want Ek sal dit in jou hand gee. En Josua het die spies wat hy in sy hand gehad het, na die stad uitgesteek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê die Here vir Josua: “Steek die spies in jou hand na Ai toe uit. Ek gee die stad in jou mag oor.” Josua het die spies in sy hand na Ai toe uitgesteek.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.
Afrikaans 1983 Toe sê die Here vir Josua: “Steek die swaard wat jy in jou hand het, na Ai toe uit, want Ek gee die stad in jou mag oor.” Josua het die swaard wat hy in sy hand gehad het, na die stad toe uitgesteek,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die Here vir Josua: “Steek die kromswaard wat in jou hand is, uit na Ai, want Ek gee dit in jou hand.” Josua het toe die kromswaard wat in sy hand was, na die stad uitgesteek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die Here vir Josua: “Tel jou spies op en wys daarmee na Ai, want Ek gee die stad vir jou.” Josua het sy spies opgetel en hy het na die stad gewys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die Here vir Josua: “Steek jou swaard na Ai toe uit, want Ek gee die stad in jou mag oor.” Josua het die swaard wat hy in sy hand gehad het, in die rigting van die stad uitgesteek.