Joshua 8:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het geen man in Ai of Bet-el oorgebly wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oopgelaat en Israel agternagejaag.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was nie ’n man in Ai of Bet-El oor wat nie agter die Israeliete aan was nie. Hulle het egter die stad net so oop gelos toe hulle agter Israel aan is.
Afrikaans 1933/1953 sodat niemand in Ai en Bet-el oorgebly het wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan en Israel agternagejaag.
Afrikaans 1983 Daar het geen man in Ai of Bet-El agtergebly wat nie uit is agter Israel aan nie. Hulle het die stad net so oop gelos en het Israel agternagesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar het niemand in Ai en Bet-El oorgebly wat nie uitgetrek het agter Israel aan nie. Hulle het die stad oop agtergelaat en Israel agtervolg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nie een man het in die stede Ai en Bet-El oorgebly nie, hulle het almal die Israeliete gevolg en gejaag en hulle het die stad oop gelos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle en die soldate van Bet-El is toe agter die Israeliete aan. Die stad het wawyd oopgestaan sonder iemand om dit te verdedig.