Joshua 8:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die mense wat in Ai was, is bymekaargeroep om hulle te agtervolg, en hulle het Josua agternagejaag en van die stad af weggetrek.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal in die stad is opgeroep om hulle te agtervolg. Hulle is agter Josua aan en is so van die stad af weggelok.
Afrikaans 1933/1953 Al die manskappe in die stad is toe opgeroep om hulle agterna te jaag; en terwyl hulle Josua agtervolg, is hulle van die stad afgesny,
Afrikaans 1983 Al die manskappe in die stad is toe vir die agtervolging opgeroep; hulle het Josua agtervolg en is van die stad af weggelok.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manskappe wat in die stad was, is byeengeroep om hulle te agtervolg; en toe hulle Josua agtervolg, is hulle uit die stad gelok.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Ai het al die manne wat nog in die stad was, laat kom om die Israeliete te volg en te jaag. Terwyl hulle dit gedoen het, het hulle verder en verder van die stad gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die manskappe in Ai en Bet-El moes kom help met die agtervolging.