Joshua 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die koning van Ai dit sien, het hulle gou en vroeg klaargemaak, en die manne van die stad het teen Israel uitgetrek om te veg, hy en sy hele volk, op 'n vasgestelde tyd voor die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar agter die stad leuenaars in 'n hinderlaag teen hom was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die koning van Ai hulle sien, het hy en sy leër haastig klaargemaak en vroeg die môre uitgetrek om teen Israel oorlog te maak. Hy en sy mense is na ’n plek regoor die Jordaanvallei. Hy het egter nie geweet van die hinderlaag wat agter die stad gelê het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die koning van Ai dit merk, het die manne van die stad hulle in die vroegte gou klaargemaak en uitgetrek om Israel in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op 'n afgesproke plek voor die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar vir hom agter die stad 'n hinderlaag lê nie. |
| Afrikaans 1983 | Die koning van Ai het gesien daar kom 'n aanval. Die manne van die stad het haastig klaargemaak en hulle het Israel vroeg die môre tegemoet getrek vir die veldslag. Die koning en al sy manskappe is na die plek toe waar hulle Israel wou ontmoet, regoor die Jordaanvallei. Hy het nie geweet van die versteekte afdeling agter die stad nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die koning van Ai hulle sien, het hy en die manne van die stad vroeg die oggend Israel haastig tegemoet getrek vir die geveg by 'n sekere plek voor die Araba. Dit was hy en al sy manskappe. Hy het egter nie geweet dat daar vir hom 'n hinderlaag agter die stad wag nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En dadelik toe die koning van Ai die Israeliete sien, het die manne van die stad gereedgemaak en uitgegaan om die Israeliete aan te val. Die koning en sy manne het die Israeliete in die Jordaan-vallei gaan aanval. Hy het nie geweet dat party Israeliete agter die stad weggekruip het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die koning van Ai Josua se troepe sien, het hy vinnig opgetree. Hy en sy soldate het opgeruk na ’n gebied regoor die Jordaanvallei om Israel daar aan te pak. Hy het egter nie geweet van die versteekte troepe agter die stad nie. |