Joshua 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle die manskappe aangestel het, die hele leër wat in die noorde van die stad was, en hulle leuenaars aan die westekant van die stad, het Josua daardie nag in die middel van die dal gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hoofkamp was dus noord van die stad en die manskappe in die hinderlaag aan die westekant van die stad. Josua self het daardie nag in die laagte geslaap.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die manskappe opgestel, die hele leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van die stad, maar Josua het dieselfde nag die laagte ingetrek.
Afrikaans 1983 Die manskappe het die hele kamp wat noord van die stad moes wees, opgeslaan, maar die ander deel was wes van die stad. Josua het dié nag afgegaan na die laagte toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het dus die manskappe só opgestel: die hoofmag aan die noordekant van die stad, en die agterhoede aan die westekant van die stad. Josua het daardie nag na die middel van die vallei beweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua en die leiers het gesê die manne moet op hulle plekke wees. Die groot kamp was noord van die stad en die ander manne was wes van die stad. Josua het daardie nag deur die vallei geloop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So is die hoofkamp noord van die stad opgeslaan met die soldate wat die hinderlaag sou lê aan die westekant. Josua het die nag in die laagte deurgebring.