Joshua 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die manskappe, die krygsmanne wat by hom was, het opgetrek en nader gekom en voor die stad gekom en laer opgeslaan aan die noordekant van Ai; nou was daar 'n dal tussen hulle en Ai. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die manskappe het saam met hom opgetrek en nader aan die stad beweeg. Hulle het kamp opgeslaan aan die noordekant van Ai. Daar was ’n laagte tussen hulle en Ai. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die weerbare manskappe wat by hom was, het opgetrek en nader gegaan en teenoor die stad gekom, en hulle het laer opgeslaan aan die noordekant van Ai, sodat die dal tussen hulle en Ai was. |
| Afrikaans 1983 | Al die manskappe by hom het opgetrek en nader gegaan en reg voor die stad aangekom. Hulle het kamp opgeslaan noord van Ai. Die laagte was tussen hulle en Ai. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die weerbare manskappe wat by hom was, het opgetrek; hulle het nader gegaan, en toe hulle by die stad aankom, het hulle aan die noordekant van Ai kamp opgeslaan, met die vallei tussen hulle en Ai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die manne wat saam met Josua was, het nader gegaan en hulle het voor die stad gekom. Hulle het hulle tente opgeslaan noord van die stad. Daar was 'n vallei tussen hulle en die stad Ai. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate wat by hom was, het opgetrek en regoor die ingang van die stad stelling ingeneem, aan die noordekant. Die laagte was tussen hulle en die stad. |