Joshua 8:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het die môre vroeg klaargemaak en die volk getel en opgetrek, hy en die oudstes van Israel, voor die volk uit na Ai. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het die môre vroeg opgestaan en sy manskappe opgeroep. Hy en die aanvoerders van Israel het die manskappe teen Ai gelei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die môre vroeg het Josua hom klaargemaak en die manskappe gemonster en opgetrek met die oudstes van Israel, op die voorpunt van die manskappe, na Ai toe. |
| Afrikaans 1983 | Vroeg die môre is Josua uit. Hy het sy manskappe in gelid opgestel en hy en die leiers van Israel het die manskappe na Ai toe gelei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het vroeg die môre opgestaan en die manskappe gemonster. Hy het opgetrek na Ai, hy en die oudstes van Israel aan die voorpunt van die manskappe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vroeg opgestaan en hy het die manne laat gereedmaak. Hy en die leiers van die Israeliete het voor die manne na Ai geloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende môre vroeg het Josua die soldate bymekaargeroep en hulle reggekry vir die geveg. Hy en die leiers van die volk het toe die soldate na Ai toe gelei. |