Joshua 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het vir Josua gesê: Wees nie bevrees nie en wees nie verskrik nie; neem die hele krygsvolk saam met jou en maak klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk in jou hand en sy stad en sy land: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir Josua gesê: “Moenie bang wees nie. Moenie moedeloos word nie. Vat al jou manskappe en gaan veg teen Ai. Ek gee die koning van Ai, sy volk en sy stad en sy land in jou mag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Josua gesê: “Moenie bang wees nie, moenie bekommerd wees nie. Neem al die manskappe met jou saam en trek op teen Ai. Ek gee die koning van Ai, sy volk, sy stad, sy land nou aan jou oor. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Josua gesê: “Moenie bang wees nie en moet jou nie laat afskrik nie. Neem al die weerbare manskappe saam met jou; maak gereed en trek op na Ai. Kyk, Ek gee die koning van Ai en sy mense, sy stad en sy gebied, in jou hand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Josua gesê: “Jy moenie bang en bekommerd wees nie, jy moet al die manne neem wat kan oorlog maak en jy moet dadelik na die stad Ai gaan. Ek sal jou laat wen teen die koning van Ai en sy manne, en teen sy stad en sy land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here vir Josua: “Moet nou nie bang of mismoedig wees nie. Vat jou soldate en val die stad Ai aan. Ek sal vir jou die oorwinning gee oor die koning van Ai, sy mense, sy stad en sy hele land. |