Joshua 7:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die Kanaäniete en al die inwoners van die land sal daarvan hoor en ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; en wat sal U aan u groot Naam doen?
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die Kanaäniete en almal wat in die land woon daarvan hoor, gaan hulle ons omsingel en ons van die aarde af verdelg. Wat sal dan van u eervolle Naam word?”
Afrikaans 1933/1953 En as die Kanaäniete en al die inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei; wat sal U dan vir u grote Naam doen?
Afrikaans 1983 Die Kanaäniete en al die inwoners van die land sal daarvan hoor en ons omsingel en alle gedagtenis aan ons uit die land uitroei! Wat sal U dán doen om die grootheid van u Naam te verseker?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Kanaäniete en al die inwoners van die land sal dit hoor, ons omsingel en ons naam van die aarde af uitroei. Wat sal U dan doen vir u groot Naam? ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Kanaäniete en die ander mense in die land sal hoor wat gebeur het, en hulle sal ons aanval en vang en ons doodmaak sodat niemand in die land sal onthou dat ons hier was nie. Wat sal U dan doen sodat mense kan aanhou om U te respekteer?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want as die Kanaäniete en al die ander inwoners van die land dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons totaal uitroei! Wat word dan van die eer en ontsag wat U toekom?”