Joshua 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het sy klere geskeur en op sy aangesig op die aarde neergeval voor die ark van die HERE tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en stof op hulle koppe gegooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het sy klere geskeur. Hy het voor die ark van die Here op die grond neergeval en daar bly lê tot die aand toe. Hy en die leiers van Israel het stof oor hulle koppe gestrooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die HERE, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi. |
| Afrikaans 1983 | en Josua het sy klere geskeur en tot die aand toe met sy gesig in die grond gelê voor die ark van die Here, hy en die leiers van Israel. Hulle het stof op hulle koppe gegooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het sy klere geskeur en tot die aand toe met sy gesig teen die grond neergebuig voor die ark van die Here – hy en die oudstes van Israel. Hulle het stof op hulle koppe gestrooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het sy klere geskeur en hy het tot die aand voor die kis van die Here gaan lê met sy gesig teen die grond, hy en die leiers van Israel. Hulle het stof op hulle koppe gegooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josua en die leiers van die volk het hulle klere geskeur en met hulle gesig in die grond voor die verbondsark van die Here gaan lê. Hulle het tot die aand toe daar gelê met stof op hulle kop om hulle hartseer te wys. |