Joshua 7:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manne van Ai het omtrent ses-en-dertig man van hulle verslaan, want hulle het hulle van voor die poort af tot by Sebarim gejaag en hulle in die afgang verslaan; daarom het die harte van die volk gesmelt en soos water geword.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense van Ai het die Israeliete van die poort van die stad af agternagesit en hulle gejaag tot by die klipskeure waar hulle omtrent 36 van hulle teen die skuinste doodgemaak het. Die volk se moed het in hulle skoene gesak.
Afrikaans 1933/1953 en die manne van Ai het uit hulle omtrent ses en dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by Seb rim en hulle verslaan op die afdraand; en die volk se hart het versmelt en soos water geword.
Afrikaans 1983 en dié het omtrent ses en dertig van hulle doodgemaak. Die mense van Ai het van die stadspoort af op hulle hakke gebly tot by die klipskeure en hulle daar teen die afdraand doodgemaak. Die volk se moed is gebreek,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne van Ai het ongeveer ses-en-dertig van hulle neergevel. Hulle het hulle van voor die stadspoort af tot by Sebarím agtervolg en hulle teen die hang neergevel. Die harte van die manskappe het ineengekrimp en soos water geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die manne van Ai het omtrent 36 Israeliete doodgemaak. Hulle het die Israeliete gevolg en gejaag van die poort van Ai tot by die klowe in die berge en hulle het die Israeliete doodgemaak toe hulle daar afgaan. Die Israeliete het moedeloos en baie bang geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die soldate van Ai het hulle van die stadshekke af agtervolg tot by die steengroewe. Daar het hulle teen die afdraande omtrent 36 soldate doodgemaak. Dit het die volk se moed gebreek en hulle baie bang gemaak.