Joshua 7:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het 'n groot hoop klippe oor hom opgerig tot vandag toe. So het die HERE hom bekeer van die gloed van sy toorn. Daarom is die naam van daardie plek genoem: Die dal Agor, tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het hom onder ’n groot hoop klippe toegepak. Dit is vandag nog daar. Die Here se woede het toe afgekoel. Daardie plek se naam is tot vandag toe nog die Laagte van Akor.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het die HERE Hom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Hulle het 'n groot hoop klippe bo-oor gepak. Dit is vandag nog daar. Daarna het die Here se toorn bedaar. Hulle noem die plek tot vandag toe die Akorlaagte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het 'n groot hoop klippe op hom gepak, wat vandag nog daar is, en die Here se brandende toorn het bedaar. Daarom het hulle daardie plek Vallei van Agor genoem; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het 'n groot hoop klippe oor hulle gepak. Dit is nou nog daar. Die Here was toe nie meer kwaad nie. Die plek se naam is nou nog Akor-vallei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ’n groot hoop klippe op hulle gestapel om almal te herinner aan wat daar gebeur het. Daarna het die Here se woede bedaar. Van toe af staan die plek bekend as die Akorlaagte: die laagte van swaarkry en lyding.