Joshua 7:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Josua: Waarom het jy ons verskrik? die HERE sal jou vandag verskrik. En die hele Israel het hom met klippe gestenig en dit met vuur verbrand, nadat hulle hulle met klippe gestenig het.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het met hom geraas: “Hoekom het jy onheil oor ons gebring? Die Here bring vandag onheil oor jou!” Die hele Israel het toe vir Akan en sy mense met klippe doodgegooi. Hulle het al sy besittings met vuur verbrand.
Afrikaans 1933/1953 En Josua het gesê: Hoe het jy ons in die ongeluk gestort! Die HERE sal jou vandag in die ongeluk stort! Daarop het die hele Israel hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi.
Afrikaans 1983 Josua het gesê: “Jy het die dood oor óns gebring, vandag bring die Here die dood oor jóú!” Die hele Israel het toe vir Akan met klippe doodgegooi en hom en sy mense en sy besittings verbrand en met klippe toegegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het gesê: “Hoe het jy ons in die ongeluk gestort! Vandag stort die Here jou in die ongeluk!” Toe gooi die hele Israel hom met klippe dood. Die res het hulle verbrand of gestenig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua sê toe vir Akan: “Jy het die dood oor ons gebring, baie van ons het gesterf. Vandag sal die Here die dood oor jou bring, jy sal sterf.” Al die Israeliete het toe vir Akan en sy kinders en sy diere met klippe doodgegooi en verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Josua vir hom: “Jy het hierdie ramp oor ons gebring, maar vandag bring die Here die dood oor jou!” Die volk het toe vir Akan en sy gesin met klippe doodgegooi en hulle saam met hulle besittings verbrand.