Joshua 7:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua en die hele Israel saam met hom het Akan, die seun van Serag, geneem, en die silwer en die kleed en die goue wig, en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy skape, en sy tent en alles wat hy gehad het, en hulle het dit na die dal Agor gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua en al die Israeliete het Akan die seun van Serag gevat en ook die silwer, die klere en die stuk goud, Akan se seuns en dogters, sy beeste, sy donkies, sy kleinvee, sy tent en alles wat aan hom behoort. Hulle is daarmee na die laagte van Akor toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het Josua en die hele Israel met hom saam Agan, die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die goudstaaf en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy kleinvee en sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hul na die dal Agor gebring. |
| Afrikaans 1983 | vat Josua en die hele Israel saam met hom vir Akan seun van Serag en bring hom na die Akorlaagte toe, en ook die silwer, die klere en die staaf goud, Akan se seuns en dogters, sy beeste, sy donkies, sy kleinvee, sy tent, alles wat aan hom behoort. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua en die hele Israel saam met hom, neem toe vir Agan, afstammeling van Serag, met die silwer, die koningsmantel en die staaf goud, asook sy seuns en dogters, sy beeste, sy donkies, sy kleinvee, sy tent en alles wat aan hom behoort. Hulle het hulle laat opgaan in die vallei van Agor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua en al die Israeliete het vir Akan seun van Serag geneem en hulle het hom na die Akor-vallei gebring. Hulle het ook alles wat aan Akan behoort het, na die Akor-vallei gebring: die silwer en die bo-kleed en die goud, en Akan se kinders, sy beeste, sy donkies, sy skape en bokke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe vat Josua vir Akan en sy kinders en sy vee en alles wat aan hom behoort het, saam met die silwer, die mantel en die goud wat hy gevat het, na die laagte van Akor toe. Die volk het saamgegaan. |