Joshua 7:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het dit uit die middel van die tent gehaal en dit na Josua en na al die kinders van Israel gebring en dit voor die aangesig van die HERE uitgelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit vir Josua en al die Israeliete gebring. Hulle het dit daar voor die Here neergesit.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring en dit voor die aangesig van die HERE uitgeskud.
Afrikaans 1983 Hulle het die goed uitgehaal en na Josua en al die Israeliete toe gebring. Toe hulle dit daar voor die Here uitskud,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het dit uit die tent gehaal en na Josua en al die Israeliete gebring. Hulle het dit voor die Here uitgeskud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het die goed uit die tent geneem en hulle het dit na Josua en al die Israeliete toe gebring. Hulle het dit daar voor die kis van die Here neergesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het al die goed uit die tent gehaal en dit na Josua en die Israeliete toe gebring. Daar by die heiligdom het hulle die goed voor die Here op die grond uitgeskud.