Joshua 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Josua boodskappers gestuur, en hulle het na die tent gehardloop; en kyk, dit was weggesteek in sy tent, en die silwer daaronder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het toe mense gestuur. Hulle het na die tent toe gehardloop. Daar kry hulle toe alles weggesteek in die tent, met die silwer heel onder. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Josua dan boodskappers stuur en hulle na die tent loop, lê dit daar begrawe in sy tent, en die silwer daaronder. |
| Afrikaans 1983 | Josua het mense gestuur, en hulle het na die tent toe gehardloop en daar kry hulle toe die goed in Akan se tent, die silwer onder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het toe boodskappers gestuur. Hulle het na die tent gehardloop, en sowaar, dit was weggesteek in die tent met die silwer heel onder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het mense gestuur en hulle het na die tent gehardloop. Daar kry hulle toe die goed wat in die tent begrawe is, die silwer was onder al die ander goed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josua het mense gestuur om te gaan kyk of dit so is. Hulle is haastig na die tent toe. Daar aangekom, kry hulle alles net so daar begrawe, met die silwer heel onder. |