Joshua 7:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het manne van Jérigo na Ai gestuur wat langs Bet-Aven is, aan die oostekant van Bet-el, en met hulle gespreek en gesê: Trek op en bekyk die land. En die manne het opgegaan en Ai bekyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het manskappe van Jerigo af na Ai toe uitgestuur. Ai was naby Bet-Awen en oos van Bet-El. Hy het vir hulle gesê: “Gaan en verken die land.” Die mans het toe Ai gaan verken.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Josua manne van J,rigo af gestuur na Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van Bet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die land; en die manne het opgetrek en Ai verken.
Afrikaans 1983 Josua het van Jerigo af manne gestuur na Ai toe, naby Bet-Awen, oos van Bet-El, en vir hulle gesê: “Gaan verken die land.” Die manne is toe weg en het Ai verken.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het manne uit Jerigo na Ai gestuur, wat by Bet-Awen, oos van Bet-El, lê. Hy het vir hulle gesê: “Trek op, verken die land.” Die manne het opgetrek en Ai verken.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het mans gestuur van Jerigo na die stad Ai, naby die stad Bet-Awen, oos van die stad Bet-El. Josua het vir hulle gesê hulle moet gaan kyk hoe die plek is. Die mans het gegaan en hulle het gekyk hoe die stad Ai is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [2-3] Josua het van sy manne uit Jerigo uit na Ai toe gestuur, ’n stad oos van Bet-El, naby die dorp Bet-Awen, met die opdrag om die omgewing te gaan verken. Toe hulle dit gedoen het, het hulle teruggekom en vir Josua gesê: “Ai is maar ’n klein dorpie met min soldate. Dit is nie nodig om die hele leër te vat om hierdie dorpie in te neem nie; 2 000 of 3 000 soldate is genoeg.”