Joshua 7:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Josua vir Akan: My seun, gee tog eer aan die HERE, die God van Israel, en bely aan Hom; en vertel my nou wat jy gedoen het; verberg dit nie vir my nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het toe vir Akan gesê: “My seun, erken die almag van die Here die God van Israel. Bely jou skuld voor Hom. Sê vir my wat jy gedoen het. Moenie iets vir my wegsteek nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Josua vir Agan: My seun, maak tog die HERE, die God van Israel, heerlik en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.
Afrikaans 1983 Josua het vir Akan gesê: “My seun, gee tog aan die Here die God van Israel die eer wat Hom toekom en doen belydenis voor Hom. Sê my wat jy gedoen het, moet dit nie vir my wegsteek nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua sê toe vir Agan: “My seun, gee tog eer aan die Here, die God van Israel, en bring lof aan Hom. Vertel my tog wat jy gedoen het. Moenie vir my iets wegsteek nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Josua vir Akan: “My seun, jy moet die Here, die God van Israel, respekteer. Jy moet Hom prys en sê dat Hy doen wat reg is. Sê asseblief vir my wat jy gedoen het, moenie dit vir my wegsteek nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Josua vir Akan: “My seun, gee tog aan die Here die God van Israel die eer wat Hom toekom en bely jou skuld voor Hom. Sê vir my wat jy gedoen het. Moenie iets vir my probeer wegsteek nie.”