Joshua 7:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het sy huisgesin man vir man gebring; en Akan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, uit die stam van Juda, is geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy die gesinne van Sabdi een vir een laat naderkom, is Akan, die seun van Karmi, seun van Sabdi, seun van Serag, uit die stam van Juda, uitgewys.
Afrikaans 1933/1953 toe hy sy huisgesin man vir man laat aankom, is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, aangewys.
Afrikaans 1983 Toe hy die gesin van Sabdi man vir man laat nader kom, is Akan seun van Karmi, seun van Sabdi, seun van Serag uit die Judastam aangewys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het hy Sabdi se familie man vir man laat nader kom, en Agan, die seun van Karmi, seun van Sabdi, seun van Serag, van die stam van Juda, is uitgewys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het Josua die huisgesin van Sabdi laat nader kom, en die Here het vir Akan seun van Karmi seun van Sabdi gekies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy die gesin van Sabdi een vir een laat verbykom, is Akan die seun van Karmi, die kleinseun van Sabdi, as die skuldige aangewys.