Joshua 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die geslag van Juda gebring; en hy het die geslag van die Sargiete geneem; en hy het die geslag van die Sargiete man vir man gebring; en Sabdi is geneem: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die families uit Juda laat naderstaan en die Seragfamilie is uitgewys. Hy het toe die Seragfamilie laat naderkom. Sabdi is uitgewys. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hy die geslagte van Juda laat aankom, het die lot die geslag van die Sargiete aangewys; toe hy die geslag van die Sargiete laat aankom man vir man, is Sabdi aangewys; |
| Afrikaans 1983 | Toe hy die families uit Juda laat nader kom, is die Seragfamilie aangewys, en toe hy die Seragfamilie man vir man laat nader kom, is Sabdi aangewys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die familiegroepe van Juda laat nader kom, en die familiegroep van Serag is uitgewys. Daarna het hy die familiegroep van Serag man vir man laat nader kom, en Sabdi is uitgewys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het hy die families van die Juda-stam laat nader kom, en die Here het die Serag-familie gekies. Uit die Serag-familie het die Here die huisgesin van Sabdi gekies. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit die stam van Juda is die familiegroep van Serag aangewys. Uit hierdie familiegroep is die gesin van Sabdi uitgekies. |