Joshua 7:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop het Josua die môre vroeg opgestaan en Israel volgens hulle stamme gebring; en die stam van Juda is ingeneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het die volgende oggend vroeg opgestaan. Hy het Israel volgens sy stamme voor die Here laat kom. Die stam van Juda is aangewys.
Afrikaans 1933/1953 En Josua het vroeg in die môre klaargemaak en Israel laat aankom volgens sy stamme; en die stam van Juda is aangewys.
Afrikaans 1983 Josua het die môre vroeg opgestaan en Israel volgens stamme laat nader kom. Die stam Juda is aangewys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het vroeg die môre opgestaan en Israel volgens hulle stamme laat nader kom. Die stam van Juda is toe uitgewys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het vroeg die oggend opgestaan en hy het die stamme van die Israeliete laat nader kom. Die Here het die Juda-stam gekies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende môre vroeg het Josua die Israeliete in stamverband laat aantree. Toe is die stam van Juda uitgewys.