Joshua 7:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat met die bangoed geneem is, moet met vuur verbrand word, hy en alles wat hy het, omdat hy die verbond van die HERE oortree het en omdat hy dwaasheid in Israel gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man wat met die bangoed in sy besit gevang word, moet met vuur verbrand word, saam met al sy mense. Hy het die ooreenkoms met die Here verbreek. Hy het iets skandeliks in Israel aangevang.’”
Afrikaans 1933/1953 En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die HERE oortree en 'n skanddaad in Israel begaan het.
Afrikaans 1983 Die man wat gevang word met die gewyde goed, moet verbrand word, hy en al sy mense, want hy het die verbond van die Here verbreek en 'n roekelose sonde in Israel begaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een wat met die bangoed uitgewys word, moet verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die Here oortree en heiligskennis gepleeg het in Israel.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal wys wie is die man wat die gewyde goed gevat het, en dan moet julle hom verbrand, hom en al sy mense. Want hierdie man het verkeerd gedoen teen die verbond van die Here, hy het 'n dwase ding gedoen tussen die Israeliete.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die een wat dan uitgewys word as die een wat van die goed gevat het wat aan die Here behoort, moet met vuur verbrand word: hy, sy gesin en al sy besittings, want hy het ’n skandelike ding gedoen. Hy het my ooreenkoms met Israel verbreek.”