Joshua 7:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet julle in die môre gebring word volgens julle stamme; en die stam wat die HERE aanneem, moet kom volgens sy geslagte; en die geslag wat die HERE sal aanneem, sal volgens huisgesinne kom; en die huisgesin wat die HERE sal neem, sal man vir man kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Julle moet môre-oggend volgens julle stamme kom aanmeld. Die Here sal die skuldige stam uitwys. Daardie stam wat deur die Here aangewys word, moet met sy familie naderkom sodat die Here die skuldige familie onder hulle kan uitwys. Hulle moet weer volgens hulle gesinne een vir een naderkom dat die Here die gesin kan aanwys. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat die HERE deur die lot aanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat die HERE aanwys, moet aankom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat die HERE aanwys, moet aankom man vir man. |
| Afrikaans 1983 | Kom môre nader volgens julle stamme; die stam wat deur die Here aangewys word, moet volgens families nader kom, die familie wat deur die Here aangewys word, moet volgens gesinne nader kom, en die gesin wat deur die Here aangewys word, moet man vir man nader kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kom môreoggend nader volgens julle stamme. Die stam wat die Here uitwys, moet volgens familiegroepe nader kom, en die familiegroep wat die Here uitwys, moet volgens families nader kom, en die familie wat die Here uitwys, moet man vir man nader kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet môre-oggend nader kom, elke stam apart. Die Here sal 'n stam kies, en dan moet elke familie van daardie stam nader kom. Die Here sal 'n familie kies, en dan moet elke huisgesin van daardie familie nader kom. Die Here sal 'n huisgesin kies, en dan moet elke man in daardie huisgesin nader kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Môre moet julle in julle stamverband aantree. Die Here sal die stam uitwys waaraan die skuldige persoon behoort. Daardie stam moet dan aantree volgens familiegroepe en die Here sal die skuldige familiegroep uitwys. Uit hierdie familiegroepe sal die Here dan die skuldige gesin aanwys. Daarna moet die lede van die gesin een vir een na vore kom. |